Afrikaans

1.

Ons filosofie is eenvoudig

Enige twee mense op hierdie planeet gaan oor party dinge saamstem. En oor ander dinge verskil.

As hulle konsentreer op die dinge waaroor hulle verskil, sal hulle net stry en niks uitrig nie.

Maar as hulle op die dinge konsentreer waaroor hulle SAAMSTEM, sal hulle iets uitrig.

En van die wêreld ’n beter plek maak.

Maatskappye, organisasies, selfs regerings, is net middele tot ’n doel.

Ons wil van die wêreld ’n beter plek maak.

Net mense kan dit regkry!

Ons soek mense wat met ons sal saamwerk om dit te bereik!